Linden · Johannesburg

Kom sit
saam.

’n Afrikaanse kerk in Linden waar ons saam Jesus volg, saam groei om meer soos Hy te word en deel word van dit waarmee Jesus reeds in ons wêreld besig is.

Elke Sondag09:00
WaarWhirlwind Theatre · Delta Park

Matteus 16:18

Op hierdie rots
sal Ek my kerk bou.

“Ek sê vir jou, jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou.” — Matteus 16:18. My Kerk is ’n Afrikaanse gemeente in Linden, gebou op Jesus Christus as fondament — ’n plek waar mense saam kan glo, behoort en leef.

Lees meer oor ons storie

Eerste besoek

Wat jy
moet weet.

Jy hoef nie te wonder wat om te verwag nie. Hier is alles wat jy moet weet wanneer jy by My Kerk kom kuier.

Kyk die video van die ingang
Die vooraansig van Whirlwind Theatre by Delta Park, waar My Kerk ontmoet.Whirlwind TheatreDelta Park · Linden
Waar ons Sondae bymekaarkom
01
Kom ’n bietjie vroeër

Kom drink gerus voor die tyd ’n koppie koffie en kry rustig sitplek voor 09:00.

02
Gratis parkering

Daar is gratis parkering met Delta Park se sekuriteitswagte by die venue. As die terrein vol is, is daar oorgenoeg veilige parkeerplek al langs die toegangspad.

03
Kom soos jy is

Gemaklik en informeel — trek aan waarin jy gemaklik voel, hier is geen kleredrag-reëls nie.

04
Kinders is welkom

Kinders sit sommer saam met ons in die diens. Bring die hele gesin gerus saam.

Kry parkeer-aanwysings

Kontak ons

Ons hoor
graag van jou.

Wil jy meer uitvind of net kom hallo sê? Los jou besonderhede of stuur vir ons ’n e-pos.

Sondae bymekaar

Sien jou
Sondag.

Elke Sondag09:00Whirlwind Theatre · Delta Park, Linden
Wat om te verwag